Deemeka Lekkes se eerste uitstalling getiteld “Ekke” by Pniël-museum

Geskryf deur Elmarine Anthony

Lede van die inisiatief, Deemeka Lekkes (DL), het Saterdag, 24 April hul eerste kunsuitstalling, getiteld “Ekke” in die Pniël-museum teetuin aangebied.
Verskeie visuele kunstenaars se werke is uitgestal en musikante en uitvoerende kunstenaars het die gehoor bekoor en vermaak.

Verskeidenheid foto’s uit Lindsay Petersen se versameling

Lindsay Petersen, Projekbestuurder, het gesê die doel van die dag was om ‘n platform vir kunstenaars van klein dorpies te skep. ‘’Ek dink nie ons word genoeg verteenwoordig of blootgestel aan die kunste en gallerye nie. Ons doen dit ook om ander te inspireer en om vir Pniël ‘n stem te gee. Hier was nog nie ‘n soortgelyke inisiatief in die dorp of in die omgewing vir ons nie.’’
Verskeie kunstenaars het deelgeneem, onder andere, Estelle Cyster, Justin Jefthas, Nathan Petersen, Sasha-Lee Stander, Sandra November, Darren Kruger, Chrystal Williams en Fynbos Leopards met Robin Dreyer as aanbieder. Werke deur die museum se kunsstudente is ook uitgestel. ‘’Ons beplan om voort te gaan en nog sulke uitstallings te hou. Hier is ‘n honger en ‘n behoefte daarvoor in dié omgewing.”

Stellenbosch Magazine het met twee van die kunstenaars oor hul werke gepraat.

Nathan Petersen by sy kunswerke

Nathan Petersen sê hy het drie van sy kunswerke, Trapped, aan die begin van die Covid-19-pandemie geskilder. ‘’Dit was toe alles net stilgestaan het en baie mense gevoel het asof hulle niks gedaan kon kry nie.”
‘’Daar is twee dominante kleure met ‘n klein bietjie ander kleur skakerings wat deurkom. In elke werkstuk gebruik ek die vier elemente van die natuur naamlik grond, lug, vuur en wind, wat jy effens in die agtergrond kan sien.’’
Breakthrough is twee werke wat hy in die tyd toe sy ma oorlede is, geskilder het. ‘’Dis ‘n man wie se liggaam in ‘n posisie geplaas is van iemand wat iets druk wat nie meer voor hom is nie. Hy verlang na iets. Dis ‘n baie uitlokkende werk met diep emosies en diep gevoelens.’’
Vyftien van Petersen se werke word tans uitgestal in die Jan Rupert-sentrum in Graaff-Reinet.

Friendship deur Sasha-Lee Stander

Sasha-Lee Stander, vertel dat een van haar werke genaamd Friendship, baie spesiaal is vir haar. Toe sy dit skilder, was sy in die proses om terug te trek Kaap toe nadat sy vir twee jaar in George woonagtig was. ‘’Ek bevraagteken al die vriende wat ek verloor het en hoe om weer met hulle in kontak te kom.’’
In die kunswerk is een van haar vriendinne se oë die prominente element omring met blokkies van kleiner werke. Stander verduidelik: ‘’Die blokkies is wat ons ingevul het as vriende of twee mense wat ‘n band gevorm het. Die kunswerk ondersoek hoe ‘n mens ‘n vriendskap bou en die proses daarvan. Alles begin negatief in die eerste laag, dan bou jy blokkies op mekaar. Elke blokkie vertel sy eie storie van hoe jy ‘n band met iemand vorm.”

War Children 1
War Children 2

‘n Reeks van drie werke, War Children, is geïnspireer deur televisiebeelde van die oorlog in Sirië. ‘’Die beelde het my diep geraak. Ek wou graag die seer uitdruk en daarvoor het ek hulle oë gekies wat uitstaan. Die oë is baie emosioneel en ek wou hulle uitbeeld in die rykste kleure wat ek kon. Hulle het almal verskillende velkleure, maar in Sirië word almal as een ras beskou wat totaal anders is as wat dit in Suid-Afrika is.” verduidelik Stander.

Miranda Du Toit se “Totems”
Pniël-museum kunsstudente
Pniël-museum kunsstudente
Sketse deur Pniël-museum kunsstudente
Verhoog kunstenaar Estelle Cyster en Justin Jefthas het die gehoor vermaak met hul optrede
Jade Lackay, Bruere Venter, Van Wyk Venter bekend as Fynbos Leopards en Justin Jefthas het die verhoor in vervoering gehad met hul optrede

Die kunswerke gaan nog vir die volgende week by die Pniël-museum op skou en te koop wees. Vir meer inligting oor die uitstalling of die inisiatief, Deemeka Lekkes, kontak Lindsay Petersen op 071 355 5946.

#deemekalekkers #pniel #pnielmuseum #pnielmuseumkunstenaars

‘n Reeks foto’s geneem deur fotograaf Mikhail van der Hoefen :

Robin Dreyer – Aanbieder
Chrystal Williams
Darren Kruger
Sandra November
Estelle Cyster
Food Truck
Besoekers, Urlene Williams en Pearly Lackay
Die jongspan het hulle geniet! Lara en Libby Alexander
Pniël-museum kunsstudente
Jeug inspirasie! Gabriella Petersen afgeneem deur Estelle Cyster

“DALA what you must!!”

Tot volgende keer!

One thought on “Deemeka Lekkes se eerste uitstalling getiteld “Ekke” by Pniël-museum

  • April 30, 2021 at 13:56
    Permalink

    What a day and an experience! Superproud of our young adults for taking this initiative on. All the best for the future…we will do it again. Thank you to all for the support, Janine

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *