e’Bosch Gemeenskapsbates Meningspeiling 2020 met ‘n verskil!

Septembermaand is Erfenismaand.

Teen hierdie tyd het Stellenbosch en die omringende dorpies al vere reggeskud vir ‘n vol program ter viering van ons ryk kultuur erfenis. Die Covid-19 pandemie het byna ‘n demper geplaas op vanjaar se verrigtinge, maar ons getroue ondersteuners het ons verras met die blink idee vir ‘n virtuele Erfenis-viering. Getrou aan ons dorpsbewoners se pioniersdrif en innovasie-vermoëns, word Erfenismaand dus op besonderse wyse gedenk. En kan drie gelukkige pryswenners elkeen wegloop met ‘n R500 geskenkbewys, geborg deur Eikeboom Slagtery, Stellenbosch se oudste tradisionele slagtery.

Die peiling het ten doel:

• Om kulturele bates in die onderskeie dorpies vas te lê om kulturele sterkpunte te karteer

• Om unieke verkoopspunte in elk van die dorpies te identifiseer (voorbeeld: die Aarbeifees in Jamestown bou voort op sy landbou-erfenis)

Om gemeenskaplike belangstellings, talent en vaardighede te groepeer in belange groepe (o.a uitvoerende kunste, kookkuns, storievertelling, kuns en kunsvlyt)

• Om belangrike rolspelers en beïnvloeders te identifiseer om e’Bosch in elk van die gemeenskappe / dorpies te verteenwoordig

Kompetisie reëls:

• Inwoners vanaf die ouderdom 18-jaar kan deelneem.

• Elke deelnemer mag slegs een inskrywing instuur

• Stuur jou naam en gemeenskap via whatsapp na e’Bosch se kommunikasiehoof, Carol Lakay, voor of op 15 September.

• Ontvang en voltooi die maklike Whatsapp Meningspeiling voor 20 September

• Wenners word op 23 September aangekondig – betyds om ‘n vleispakkie by Eikeboom Slagtery af te haal vir braai op Erfenisdag.

Vir verdere navrae skakel asseblief vir Ann by 081 017 0077 of Whatsapp vir Carol by 061 595 4085 of per e-posboodskap by carol@ebosch.co.za